Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 26 NOVEMBER 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

2018 SARL NASIONALE KONVENSIE

DIE DRIE GROOT BHF en UHF KOMPETISIES DEK OOK DRIE VERSKILLENDE SEISOENE

en

DIE SARL DIGITALE KOMPETISIE

Bly gerus ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

SWART VRYDAG LIDMAATSKAP

Die Raad bedank al die radio-amateurs wat Vrydag 24 November R99 betaal het om by die Suid-Afrikaanse Radioliga aan te sluit. Kelley, die Liga-administrateur, sê sy het baie deposito's ontvang sonder 'n roepsein in die verwysingsveld en kan nie die betalings toeken nie. Maak asseblief seker dat as jy die R99 betaal het, Kelley weet wie jy is.

Jy word ook versoek om die elektroniese lidmaatskap aansoekvorm wat beskikbaar is op www.sarl.org.za/public/membership/join.asp te voltooi.

2018 SARL NASIONALE KONVENSIE

Die 2018 SARL Nasionale Konvensie, wat die AJV en Toekennings Aandete insluit, word gedurende die naweek van 13 tot 15 April 2018 deur die Pretoria ARK aangebied. Merk hierdie naweek in jou dagboek.

Ingevolge Reël 16.9 van die Grondwet word 'n oproep gemaak vir nominasies om op die Raad te dien. By die 2018 AJV sal Louw Erasmus, ZS6LME, Dennis Green, ZS4BS, Chris Turner, ZS6GM, Rassie Erasmus, ZS1YT, en Paul van Spronsen, ZS1V, uittree. ZS6LME, ZS4BS, ZS6GM en ZS1YT het aangedui dat hulle beskikbaar is vir herverkiesing indien hulle genomineer word.

Hierdie is ook 'n oproep vir nominasies vir SARL-bedryfstoekennings, Radio ZS-toekennings en vir mosies vir bespreking by die AJV. Besoek die AJV-inligtingbladsy op die Slegs lede-afdeling van die web vir die sjabloon dokumente vir jou nominasies en mosies. Stuur jou nominasies en mosies teen middernag op Woensdag 31 Januarie 2018 aan die SARL Sekretaris by secretary@sarl.org.za.

DIE SARL DIGITALE KOMPETISIE

Op Sondag 3 Desember 2017 vanaf 13:00 tot 16:00 UTC kan jy deelneem aan die laaste digitale kompetisie sowel as die laaste plaaslike kompetisie van 2017. Die SARL Digitale kompetisie het ten doel om soveel moontlik kontakte tussen radio amateurs in Suider-Afrika te maak deur middel van die PSK31/RTD-modusse. Die kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika.

Aktiwiteit vind plaas op 80, 40 en 20 meter PSK31 aan die onderkant en RTD aan die bokant van die gespesifiseerde frekwensies. Let asseblief daarop dat HSB te alle tye gebruik moet word. 'n Stasie kan twee keer op elke band gekontak word, een keer op RTD en een keer op PSK31.

Die uitruiling is 'n RSQ-verslag plus 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. QSOs met stasies in Suider-Afrika is 3 punte werd en 1 punt vir QSOs buite hierdie area. Die eerste kontak met elke gebied wat hieronder gelys word, sal as 'n band vermenigvuldiger gebruik word. Gebied 1 tot 6 is ZS1 tot ZS6; Gebied 7 is 3DA, 7P, 7Q, 9J, C9, A2, D2, V5, Z2, ZD7, ZD9, ZS7, ZS8, FR, 3B8, 5R, FH en D6 en Area 8 is stasies in die res van die wêreld. Logstate in ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein Digitale Kompetisie" moet ingedien word teen 10 Desember 2017 per e-pos aan contest@sarl.org.za.

DESEMBER YOTA MAAND

Desember maand is YOTA maand wanneer verskeie jongmense uit IARU Lidlande aktief op die lug sal wees met YOTA as agtervoegsel in hul spesiale roepseine wat uitgereik sal word vir die aktiwiteit. Vanaf Vrydag 1 Desember tot Sondag 31 Desember 2017 sal internasionale YOTA-stasies poog om vele kontakte wêreldwyd met mekaar te maak. Hierdie aktiwiteit is spesifiek vir jongmense en is 'n goue geleentheid vir klubs om jongmense te kry wat belangstel in of meer wil uitvind oor Amateur Radio. Die aktiwiteit is nie 'n formele wedstryd nie, maar 'n manier om ons huidige jong amateurs op die lug te laat kontak maak met honderde ander jongmense regoor die wêreld.

Die SARL het 'n spesiale roepsein ZS9YOTA geregistreer op die IARU Streek 1 webblad as 'n opvoedkundige roepsein vir gebruik deur klubs en individue gedurende Desember maand. Om 'n gleuf op 'n daaglikse basis vir die gebruik van die ZS9YOTA roepsein te bespreek of vir inligting, kontak gerus vir Koos ZR6KF via e-pos by koos.zr6kf@gmail.com of alternatiewelik Nico, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za. Die skedule en die reëls van toepassing sal beskikbaar wees op die SARL webblad.

Ons sien uit daarna om ons jeug aktief op die lug te hoor gedurende Desember maand!

Jy luister aan n nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radioliga

DIE DRIE GROOT BHF EN UHF KOMPETISIES DEK OOK DRIE VERSKILLENDE SEISOENE

Die drie groot BHF en UHF Kompetisies dek ook drie verskillende seisoene wat verskillende voortplantings toestande kan voortbring. Die PEARS Nasionale BHF en UHF Kompetisie is geskeduleer vir middel-somer in Januarie. Die eerste been van die SARL BHF/UHF Kompetisie is geskeduleer gedurende herfs in Maart en die tweede been is tydens die lente in September. Tropo Verbetering en Geleiding kan tydens hierdie periodes deur weersomstandighede affekteer word. Vind die volledige reëls vir hierdie kompetisies in die 2018 Blou Boek wat in Desember 2017 beskikbaar sal wees.

PEARS HF DX KOMPETISIE UITSLAE

Die amptelike resultate van die PEARS HF DX Kompetisie gehou op Sondag 5 November is soos volg:

1ste Hugo Ras, ZS2HR - 752 punte,
2de PEARS, ZS2PE, - 124 punte,
3de Al Akers, ZS2U, - 64 punte.

Baie dankie aan Theunis Potgieter, PEARS-kompetisiekomitee-organiseerder.

BO-KAROO ARK AJV

Die AJV van die Bo-Karoo ARK is op Saterdag 18 November by die Sandgat naby Vanderkloofdam gehou. Daar was 'n goeie opkoms van lede en besoekers.

Die gekose komitee is

Voorsitter: Pieter Gaybba, ZS3PG
Ondervoorsitter: Thys Louw, ZS1TBP
Sekretaris: Alta Gaybba, ZR3PA
Tegnies: Nico Engelbrecht, ZS6MAJ
Lede: Pieter Jacobs, ZS6XT, Woody Collet, ZS3WL en Cobus Rabe, ZS1DJR

HF VOORTPLANTING VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ten slotte, die dagboek van gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag – die CQ WW DX Gelykgolf Kompetisie tot middernag UTC
1 Desember – Begin van YOTA maand
3 Desember – SARL Digitale Kompetisie
9 – 10 Desember – ARRL 10 Meter Kompetisie
1 Januarie - begin van die ARRL Internasionale Ruit Jag en die 2018 CQ Marathon
30 Januarie - sluitingsdatum vir voorstel en opsomming vir AMSAT SA Simposium besprekingsdokumente
31 Januarie - sluitingsdatum vir nominasies vir die Raad en SARL-toekennings en vir mosies vir die algemene jaarvergadering

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:

Die Raad bedank al die radio-amateurs wat Vrydag 24 November R99 betaal het om by die Suid-Afrikaanse Radioliga aan te sluit. Kelley, die Liga-administrateur, sê sy het baie deposito's ontvang sonder 'n roepsein in die verwysingsveld en kan nie die betalings toeken nie. Maak asseblief seker dat as jy die R99 betaal het, Kelley weet wie jy is.

Jy word ook versoek om die elektroniese lidmaatskap aansoekvorm wat beskikbaar is op www.sarl.org.za/public/membership/join.asp te voltooi.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003